Wednesday, May 21, 2008

passie... dis vir my een van die mees aantreklike eienskappe van enige mens. dis hoekom ek dink geeks is so hot... sonder passie is die lewe vir my sinneloos

maar ek vind myself op 'n plek dat ek nie weet wat my passie is nie... weet nie wat ek wil doen nie. dis inniglik frustrerend!

iemand het eenkeer vir my gese ons moet kyk na wat ons die meeste ons tyd aan spandeer het toe ons klein was en dit sal vir jou wys wat jy moet doen... ek het gedroom van 'n prima balerina wees, 'n tv aanbieder... of is die jongste kind in my wat net hou van die lime light? as ek terug gaan, ver terug toe ek nog vrek klein was, onthou ek een dag wat ek amper my vinger af gesny het omdat ek 'n peul in ons tuin wou oopsny om te kyk wat daarin is. dit was net na ek vir die soveelste keer erdwurms gesoek het ek krappe gejag het in die kanaal of voeltjies gevang het om te kyk hoe hulle vlerke van naby lyk.

Ek onthou een dag by die see wat ek vir seker 'n halfuur met 'n hurmet crab gesit het en gewag het dat hy sy voorlyf ver genoeg uitsteek sodat ek hom kan vasvat en toe nog seker 15 minute gesit en wag het vir sy agter beentjies om moeg te raak sodat ek hom heel kon uittrek.

waar het ek my liefde vir die natuur so onderdruk? so hier gaan ons nou... tyd om nog te swot... dis tyd vir bsc die keer, my ma sal so trots wees dat een van haar kinders nie net in die kuns rigting gaan nie...